TUISBLAD

Webontwerp
dienste

Logo's

Brosjures

Nuusbriewe

Illustrasies

   

Jy HET wat almal wil HÊ ...

   

anders waarom sou jy 'n
sakeonderneming begin het?

 

Jy is die kenner op jóú gebied - waarom dit nie deel met die hele wêreld wat graag jou kennis of produk wil bekom nie?

 
   
 

'n Produk of diens wat jy daar reg in hulle huis vir hulle kan lewer - of oombliklik op hulle rekenaar!

 
 

DINK 'n bietjie hieroor na ...

     
Op die Internet is die speelveld gelyk en kan ons saamspeel met die supergroot, ryk ondernemings!  
 

O ja, die kleinsake-entrepreneur KAN NOU op 'n man-tot-man basis kompeteer met die groot reuse van produk- en/of diensverskaffers van die wêreld.

Die struikelblok is nie geld nie  -  ons moet net WEET HOE om slim te werk te gaan - soos hulle ...

As jy reeds 'n webwerf het vra jouself, is jou webwerf mededingend?
 

 

Ons bied jou 3 WERKBARE oplossings ...

 
 

 

 

 

Vir die onderneming met 'n klein begroting

   

BOU JOU EIE WEBWERF

 
         
    In die 28 jaar wat ek reeds met rekenaars werk en nou ook die laaste 10 jaar met die wêreld van die Internet, is hierdie een van die heel beste opsies vir iemand wat sy/haar eie webwerf wil bou. Jy hoef nie 'n rekenaardeskundige te wees om dit te kan doen nie, dié opsie lei jou stap vir stap deur die hele proses, van 'n dinkskrum oor jou produk en/of diens tot by die voorlegging van jou webwerf aan soekenjins.

Kyk gerus na al die voordele - jy het ook 30 dae gratis toetsopsie. Jy het dus niks om te verloor nie!

KYK HIER DAARNA >>

Die hoofdoel van sukses is nie kennis nie maar AKSIE!
 

 
     
           

Ons pasmaak webwerfontwerp is op ons kliënt se behoeftes gebaseer. Ons het 10-jaar ondervinding in die bou van webwerwe.

 

LAAT ONS JOU WEBWERF BOU

 
       
    Ons ontwerp vir sukses, van die omvattende na die detail. Die onervare ontwerper begin by die uitleg van die funksionele funksies op die tuisblad of deur 'n kleur en grafiese uitleg. Wanneer mens 'n huis bou begin jy by 'n soliede fondasie en bou dan die huis daarop. Dit is 'n onmoontlike taak om 'n fondasiefout reg te stel nadat die huis gebou is. 'n Poging om dit te doen is 'n duur en tydrowende proses ...

... daarom belê tyd nou om later MAKSIMAAL te oes!

KYK NA DIE DIENSTE WAT ONS AANBIED EN U KAN 'N GRATIS KWOTASIE AANVRA AS U WIL >>
 

 

Jy kan nie 'n besigheid bedryf as jou kliënte jou nie kan kry nie ...

   

KYK WAT ONS U KAN BIED >>

 
 

Jou webwerf moet só ontwerp wees dat diegene wat in die kuberruimte websoektogte na jou produk en dienste doen jou dadelik kan vind. 'n Aktiewe voornemende Internet-snuffelaar moet nie geïgnoreer word nie - hy/sy kan jou beste kliënt word.